Ons Dink | We Think

Die verborgenheid van verbondenheid
As God bestaan, betoog die Switserse teoloog Ingolf Dalferth in Becoming Present, kan daar nie ŉ iets wees waarmee God niks te doen het nie. Een implikasie daarvan is dat ons onder enige omstandighede met God te doen het. Gelowiges kan na momente verwys waaruit God se ware karakter blyk. Dit kan egter nie beteken dat God by ander gebeure onbetrokke is nie – al wil baie ervarings dit suggereer.

Hieroor tree Dalferth met die hervormer Martin Luther in gesprek: oor die Deus Absconditus, God se verborgenheid. Luther word soms só verstaan dat, volgens hom, God ook nog ander kante, in stryd met die openbaring, het. Dalferth reken egter dis ŉ misverstand. Die verborge God is nie volgens Luther ŉ God vol teenstrydighede nie. Deur die openbaring weet ons hoe God is, en juis omdat ons dit weet, is daar soveel ervarings en gebeure wat vir ons verborge, abscondita, is. As ons nie geweet het hoe God is nie, dan was niks in stryd daarmee nie!

Net mense wat in ŉ aanwesige God glo, kan dié God se áfwesigheid ervaar, meen Dalferth. Só sing Sonny Terry and Brownie McGhee ook:

God and man played hide-and-go-seek.

God told man, “Now man, don’t you peek.”

Man counted to ten, and then looked around.

But God was nowhere, nowhere to be found.”

Die Psalms praat ook só. Die bekendste is Psalm 22, ook omdat Jesus dit aan die kruis uitroep: “My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep? My God, ek roep bedags en U antwoord nie, ook snags, maar ek kry geen rus nie.”

As God oral is (alomteenwoordig), en van alles bewus (alwetend), kan sulke versugtinge en noodkrete gehoor word. Maar is God ook almagtig?

Dalferth meen dit kan nie anders nie. As alles uit noodsaak bestaan het, was daar geen sprake van nie. Daarom was die antieke filosoof Aristoteles se “God” ŉ onbewuste, afwesige oorsprong sonder bedoelings of handeling, sodat die vraag na God se mag nie eens ter sprake kon kom nie. As die werklikheid egter geskep is, sodat die Skepper bý alles is en ván alles weet (soos Jode, Christene en Moslems bely), dan kan niks bestaan, en niks daarin moontlik wees, as God dit nie moontlik máák nie.

Dit beteken nie dat alles wat gebeur God se goedkeuring wegdra nie, maar wel dat die moontlikheid daarvan aan God te danke is. Solank mense ŉ mate van vryheid het, en in ŉ relatief-reëlmatige wêreld leef, kan hulle dinge teen God se wil doen, maar dié vryheid kan net bestaan omdat God dit wil. Alles is van God afhanklik, danksy God moontlik en aan God te danke.

Dat ons waarnemings en ervarings só dikwels daarmee in stryd is, is net nog ŉ dimensie van die Deus Absconditus, God se verborgenheid: Hoe en hoekom kan dit wees soos gelowiges bely, terwyl dit só dikwels anders lyk? Net soos juis mense wat glo dat God teenwoordig is, teen die afwesigheid kan protesteer, kan slegs mense wat in die almag van God glo, teen die skynbare magteloosheid beswaar aanteken: “Kom tog, Here! Toon u mag, o God! (Ps.10:12)” As God in sekere situasies magteloos was, daar niks aan kón doen nie, sou só ŉ uitroep geen betekenis hê nie.

Om God, indien God bestaan, se alomteenwoordigheid, alwetendheid en almag te erken, skryf Dalferth, is egter nie genoeg nie. Dit is nou al dikwels genoem dat juis dié eienskappe van God gelowiges laat vra: Waarom dan die skynbare afwesigheid, onkunde of magteloosheid? In alle eerlikheid moet egter toegegee word dat sulke vrae eintlik net opkom omdat nog iets oor God geglo word, naamlik dat ons met ŉ God van liefde te doen het. Immers, as God nie omgegee het nie, was daar geen rede om ŉ teenstelling te sien tussen God se teenwoordigheid, kennis en mag enersyds, en die lyding in ons wêreld andersyds nie.

Juis omdat bely word dat God onvoorwaardelik liefhet (Luther se kernpunt), kom God se verborgenheid aan die orde – ŉ verborgenheid waarmee God self, in Christus, as mens aan die kruis gekonfronteer is, en waardeur die Gees só verrassend mense op die diepte van God se liefde laat vertrou.

Hierdie artikel het oorspronklik in die Kerkbode verskyn.

Sekulêr en gelowig
ŉ Tyd gelede is by St. Augustine College in Johannesburg saam oor “Faith in the face of secularism” nagedink. “Geloof” en die “sekulêre” kan verskillende dinge beteken, maar dikwels word dit as teenoorgesteldes verstaan. Die gedagte is dat ons almal aan dieselfde wêreld glo, maar dat sommiges ook nog godsdienstige oortuigings daaraan toevoeg – ŉ bietjie soos wanneer almal ŉ roomys geniet, maar party ook nog sjokoladesous daaroor.

Uit hierdie soort gesigspunt kan die mensdom in twee groepe verdeel word: gelowiges en ongelowiges. Aangesien Christene gelowiges is, deel hulle dan iets met aanhangers van ander godsdienste, wat hulle van ongelowiges onderskei. ŉ Mens sou jou dit kan voorstel as ŉ groot sirkel om alle mense heen, en dan ŉ kleiner sirkel daarbinne wat slegs godsdienstige mense omring. Laasgenoemde groepering – Christene, Moslems, Hindoes en so meer – verskil dalk oor allerhande dinge, maar saam verskil hulle van ongelowiges.

In die geloofsirkel – só word dit dan voorgestel – kan ŉ nóg kleiner sirkel getrek word wat Christene van ander godsdienstiges onderskei. (Party mense sou ŉ nog nouer kring tussen verskillende soorte Christene wil trek!) In die geheel gesien, sou ŉ mens die sirkel-beeld met sport-lojaliteite kan vergelyk: ondersteuners van die Blou Bulle en die WP mag dalk verskillende spanne ondersteun, maar hulle deel die passie vir rugby, wat hulle saam onderskei van mense wat deur dié sportsoort koud gelaat word.

Is die idee van só ŉ kleinerwordende sirkel akkuraat? Daar is redes om dit te bevraagteken.

Een daarvan sou kon wees dat Christene dalk nader is aan ateïste (mense wat nie in God glo nie) as aan mense van ander godsdienstradisies. As dié gedagte vreemd klink, kan gerus daaroor nagedink word dat die vroegste Christene in die Romeinse Ryk as mense sonder ŉ God beskou is – in teenstelling tot al die res, wat elkeen darem ŉ God of gode aanbid het. Die gedeelde Christelike en Joodse Godsvoorstelling is deur andere as só vreemd beskou dat hulle dit as God-loosheid ervaar het. Dit is daarom nie vanselfsprekend dat Christene nader aan “ander gelowiges” as aan “ongelowiges” staan nie.

Iets radikalers sou kon wees om die onderskeid tussen godsdienstiges en nie-godsdienstiges te bevraagteken. Is daar regtig mense wat in geen God glo nie? Sterker nog: is só iets hoegenaamd denkbaar?

Dit hang af van wat hier met “God” bedoel word. Dit gaan nie oor die persoonlike Godsbeeld van die Joodse, Christelike en Islamitiese tradisie nie, want om só oor die Goddelike te dink is maar een moontlikheid tussen ŉ hele klomp. Die Griekse woord theos, wat in Afrikaans met “God” vertaal word (ŉ term wat op sy beurt sy oorsprong in die voor-Christelike Germaanse godsdiens het), is byvoorbeeld reeds wyd gebruik lank voordat Jode en Christene dit oorgeneem het. Griekse filosowe soos Plato en Aristoteles het die Goddelike nie as iets persoonliks voorgestel nie.

Geloof in iets Goddeliks – of dit nou as persoonlik of onpersoonlik beskou word – kan dus verskillende dinge beteken. Al wat almal gemeen het, is dat hulle bepaalde idees het oor hoe die werklikheid ten diepste is. Alle mense neem dinge met hul sintuie waar, maar kan ons ons waarnemings vertrou, of is dit (soos sommiges glo) illusie? En as dit wel is soos dit lyk (ŉ onbewysbare aanname), kom die vraag op van hoekom dit juis só is en nie anders nie. En: sou dit anders kón gewees het?

Aan sulke vrae, wat nie deur waarneming en toetsing beantwoord kan word nie, kan niemand ontsnap nie. Wat dít betref, deel almal nie net die seculum (waaruit “sekulêr” afgelei is) nie, maar ook die onontwykbare risiko van een stel “godsdienstige” aannames eerder as ander.

Hierdie artikel het oorspronklik in die Kerkbode verskyn.

Voorspelbaar en onvoorstelbaar
Hoekom het Jesus gesterf?

Omdat die gesagsdraers van toe – die keiser se verteenwoordiger in Jerusalem en die elite onder die plaaslike bevolking – hom uit die weg wou ruim. En omdat sy ondersteuners onder die gewone volk, wat dit eers vir die elite moeilik gemaak het om teen Hom op te tree, later teen Hom gedraai, en Hom sodoende aan sy lot oorgelaat, het.

Hoekom moes hy uit die weg geruim word?

Omdat hy oënskynlike heiligskennis gepleeg, die winsgewende tempeldiens ontwrig, die gesag van genoemde elites uitgedaag, gevaarlike eindtydverwagtings onder die volk aangevuur, en die goeie orde versteur, het. Maghebbers verkies rus en vrede en dat hulle  gerespekteer word.

Hoekom het die volk teen hom gedraai?

Oor hul teleurstelling met dié sogenaamde “messias”. Anders as wat gehoop is, het dit geblyk dat Hy meer lam as leeu is. Hy wou nie ’n belastingboikot afkondig, tot koning gekroon word, of die wapen teen die onderdrukker opneem, nie; en het hom sonder enige weerstand deur sy vyande gevange laat neem. Opstandige menigtes soek ’n sterk leier, nie ’n swakkeling nie. Laat die grootkoppe dan met Hom maak wat hulle wil. Dit sal ten minste vermaak verskaf, soos in die Roomse arena.

Wat het Jesus dan gedoen wat die magtiges so verontrus, en sulke hoë verwagtings by die volk geskep, het?

Hy het met apokaliptiese ywer die nabye koms van die “dag van die Here”, “die koninkryk van God”, aangekondig: die opwekking van die dooies, die oordeel oor die goddeloses deur ’n “Seun van die Mens” en die verheerliking van God se seun Israel. Hy het beweer dis “op hande”, “hier by julle”, en dat van sy toehoorders dit self sou aanskou. Boonop het Hy dié gebeure met Homself en sy missie verbind, byvoorbeeld deur Homself Seun van die Mens te noem. Hy het mense se sondes vergewe, asof Hy God self is; die Skrif baie vry uitgelê asof Hý kan besluit wat dit beteken; en die wonderwerke wat aan Hom toegeskryf is as tekens van die aanbrekende koninkryk beskryf.

Hoewel Hy ’n vroom Israeliet was wat uit die Tora geleef het, het Hy ’n skerp tong gehad wat Hy veral op die vroomstes onder die vromes, die wakers oor die godsdienstige establishment, gerig het. Tog het hy sondaars en onreines, selfs nie-Jode, sy vriende genoem en maaltye met hulle gedeel. Kortom: Hy het die bestaande orde fundamenteel bevraagteken, sonder huiwering teengegaan en radikaal uitgedaag. Is dit dan ’n wonder dat hy vyande onder invloedryke mense gemaak het? Verbaas dit dat die hooggespanne verwagtings wat sy optrede by die “kleinstes” en “armes” gewek het uiteindelik op teleurstelling móés afloop?

Ook vóór Jesus, en ná sy dood, het talle “messiasse” die volk se verwagtings opgejaag en die wrewel van die owerhede gewek. Dit is elke keer gewelddadig tot ’n einde gebring, meestal met die “messias” wat op die wreedste denkbare manier in die openbaar aan ’n kruis moes sterf om as voorbeeld en waarskuwing vir ander potensiële oproeriges te dien. Die betrokke “messias” is dan ook deur die massas bespot en sy volgelinge het uitmekaar gespat in die verwoestende besef dat dit toe tog nie hy was wat sou kom nie.

Dat die Jesusbeweging ook só sou eindig – dat sy gekose weg ’n kruisweg sou wees – was voorspelbaar. Albert Schweitzer skryf: “In die oortuiging dat Hy die Seun van die Mens is, neem Hy die wiel van die wêreld in sy hande … om die gewone geskiedenis tot ’n einde te bring. Dit wil nie draai nie en Hy werp hom daarop. Dan draai dit. En vermorsel Hom.”

En nou vertel hulle Hy is opgewek. Onvoorstelbaar!

Hierdie artikel het oorspronklik in Die Kerkbode verskyn.

Vatican II Continued
Catholics have been arguing about the Second Vatican Council—about what it did and didn’t do, about what it meant and still means or what it never meant and could never mean—for half a century. Many reform-minded Catholics today are disappointed by what they see as a retreat, under the papacies of John Paul II and Benedict XVI, from the council’s mandate for change, especially change in how the church is governed (see “Bishops or Branch Managers?”).

Read the rest of this article on Common Wealth Magazine

Om as kerke met kultuur te sukkel
Foto: Sonja van der Westhuizen

Hoe moet ŉ mens kultuur verstaan? En het menswaardigheid iets daarmee te doen? ŉ Tyd gelede het ŉ aantal teoloë ŉ dag lank met akademici uit ander vakgebiede hieroor in gesprek getree.

Prof. Günter Thomas, ŉ teoloog van die Ruhr-Universiteit, Bochum, Duitsland, het gewys op die moeilik grypbare kultuur van ŉ gemeenskap. Hoe mense hul eie kultuur verstaan en aanbied, word in ŉ groot mate bepaal deur hul posisionering teenoor ander. Wie se kultuur word nou eintlik as die ware een in eie kring erken? Wie se mag word daardeur bevorder? Wie besluit? Nog meer diepgaande: Is dit nie onmoontlik vir ons om die wese van wie en hoe ons is vas te vat nie?

ŉ Teoloog van die Universiteit van Wes-Kaapland, prof. Douglas Lawrie, lewer aansluitend weer kritiek op die idee dat geen oordele gevel mag word oor hoe mense van ander kulture dinge sien en benader nie. Mense met botsende opvattings en waardes het immers invloed op mekaar, raak mekaar en kan nie daaraan ontsnap nie dat dinge besluit en uitgevoer moet word. Alles kan dus nie gangbaar wees nie; sommige dinge moet verwerp word.

Alle ander deelnemers aan die gesprek daardie dag het die twee genoemde sprekers se afwysing van eksistensialistiese kultuurbegrippe ondersteun: kultuur is veelkantig, vloeibaar, onvaspenbaar en intern vol spanninge. Is dit dan nie beter om op te hou daaroor praat nie? Onthou, daar was ŉ tyd – die jare van apartheid – toe kultuurgroepe se grense deur die staat aangewys en instandgehou is.

Van die belangrikste perspektiewe om van kennis te neem is die kontras tussen wat na botsende benaderings hieroor lyk – albei uit perspektiewe van voorheen onderdrukte gemeenskappe. Aan die een kant is daar teoloë en ander kerkbetrokkenes wat juis die belang van kultuur voorop stel. Die logika lui dat juis diegene wie se kultuur dominant is en dus oor dié van andere oorheers geen sin daarin het om die saak aan die orde te stel nie. Tog bly dit lastig: Hoe kan kultuur ernstig geneem word sonder dat weer in die absolutistiese denke van apartheid verval word?

Daarteenoor is daar groeperings – nogmaals uit die ervaring van onderdruktes – wat juis niks van kultuurbewussyn wil weet nie: Wat moet tel in die kerk, is nie kulturele identiteite nie, maar juis die gedeelde geloofsbelydenis.

Die lastigheid bly: Ons almal dink en verstaan wat ons waarneem en beleef uit aannames en maniere van kyk wat uit tradisies en gewoontes groei – grootliks heel onbewustelik. Kultuur kan geïgnoreer word, maar nie weggetoor word nie. Hoekom word die evangelie anders uitgedruk en beleef juis namate dit in nuwe kontekste grondvat?

Maar hokaai …

Dit gaan hier oor ŉ nes van onontwykbare vrae en uitdagings!

ŉ Gegewe is wel dat, juis in die apartheidsjare, die NG Sendingkerk (tans ook die breër VGK) se Belhar-belydenis iets oor kultuur te sê gehad het: “Ons glo dat die versoeningswerk van Christus sigbaar word in dié kerk (‘een heilige algemene Christelike kerk’) as geloofsgemeenskap van diegene wat met God en onderling met mekaar versoen is … dat hierdie eenheid in vryheid gestalte kan vind en nie onder dwang nie; dat die verskeidenheid van geestelike gawes, geleenthede, agtergronde, oortuigings, soos ook die verskeidenheid van taal en kultuur, vanweë die versoening in Christus geleenthede is tot wedersydse diens en verryking binne die een sigbare volk van God.” (skuinsdruk toegevoeg)

Soos die NG Kerkfamilie toenemend realiseer, sal saam gedink, probeer, gesukkel en gestoei moet word. Juis daardie saamworstel sal as uitdrukking van die verbondenheid tot eenheid met mekaar sal dit ŉ uitdaging maak. Die dag as alle faktore vanselfsprekend en eenvoudig blyk, sal dit die einde van saamleef beteken.

Hierdie artikel het oorspronklik in Die Kerkbode verskyn.

Is er nog toekomst voor de religies?
De simplistische manier waarop veel journalisten tegenwoordig denken en spreken over religie is echt tenenkrullend. Zonder het openlijk te zeggen wordt maar al te vaak verondersteld dat gelovigen vertegenwoordigers zijn van een soort achtergebleven levensgolf, naïevelingen die kruisjes slaan als hun iets ergs overkomt, domkoppen die vast blijven houden aan niet-bestaande goden die slechts producten zijn van hun retrograde fantasiewereld.

Read the rest of this article on www.trouw.nl

Swak, onkundig en onrein
Hoe oud is Adam en Eva geskep? Of liewer: hoe oud het hulle op nul jaar gelyk?

Om dit te vra is soos om te spekuleer oor die verlore seun (Luk. 15:11-32) se naam of die ligging van die “ver land” waar hy sy erfporsie verkwis het. Daar is geen regte óf verkeerde antwoord nie, want die verlore seun wás nooit nie. Óns is die verlore seun.

Netso, verduidelik Danie du Toit op sy blog, Wolketrapper, is die tuinverhaal (Gen. 2:4-3:24) nie ’n foto-album met prentjies van lank gelede nie, maar ’n spieël waarin ons onsself herken. Daar wás nie ’n Adam en Eva nie; óns is Adam en Eva.

Deur die eeue is die tuinverhaal (en die res van Genesis 1-11) dikwels misverstaan as letterlike verslaggewing. (Sowel “jong-aarde-kreasioniste” as sommige ateïste mislees Genesis 1:1-2:3 byvoorbeeld as in stryd met die oerknal en evolusie.) Ook invloedryke kerkvaders het hierdie fout gemaak, deels omdat hulle die verhale in Griekse of Latynse vertaling gelees het, sodat die betekenis van name soos Adam (letterlik: Mens) en Eva (Lewe), en van woordspelings soos dié tussen Adam en “Adama” (grond), misgekyk is. Die kerkvaders het dan ook na Adam en Eva se “ouderdom” gevra.

Irenaeus (3de eeu) meen die Eden-bewoners was kinderlik. Hulle is nie pasklaar geskep nie, maar moes tot geloofsvolwassenheid groei. Dit was onvermydelik dat hulle sou sondig (veral met verkeerde vriende soos die slang!). Die skuld lê meer by die Duiwel as by hulle.

Augustinus (4de-5de eeu) meen weer hulle was volwassenes op hul kruin en dat hulle so sou gebly het as dit nie vir die sondeval was nie – “forever young”, soos Bob Dylan sing. Vir Adam en Eva was dit moontlik om nie te sondig nie; hulle is voluit aanspreeklik vir hul misstap.

Beteken die korrekte lees van die tuinverhaal (as ’n spieël en nie ’n foto-album nie) dat die kerkvaders se vraag verdwyn? Nie heeltemal nie. Ja, óns is Adam en Eva, maar is ons soos kindertjies aan die kwaad uitgelewer, of is dit alles ons eie skuld?

Willem Wilmink se vertaling van ’n Jacques Brel-lied (gesing deur Hermann van Veen) suggereer eersgenoemde: “Worden er steden stukgesmeten / door kinderen van 50 jaar …” Bomme oor Dresden, Hirosjima, Bagdad … die werk van kinders wat gefrustreerd hul speelgoed stukkendgooi. In Wilmink se “station vol met verdwaalden …” staan nie skuld nie, maar tragiek voorop.

Hoe kan God dan veroordelend roep: “Waar is jy?” (Gen. 3:9) “Wat het jy nou gedoen?” (3:13) “Waar is jou broer?” (4:9)

Menseouers doen dit ook. Ons weet “kinders is kinders”; tog wys ons hulle tereg, hou ons hulle verantwoordelik. Marcel Sarot gebruik (in ’n ander verband) die voorbeeld van ’n ouer wat haarself as ’t ware kwaad máák – omdat dit die gepaste reaksie is, in die kind se belang. Die ou cliché sê mos: “dit maak my seerder as vir jou”!

“Verantwoordelik hou” is nie die wrokkige onverbiddelikheid van “geregtigheidsmaniakke” (Johan Heyns) nie, maar beteken eintlik “verantwoordelik máák”, tot wasdom help kom, ’n wêreld van persoonlike verhoudings ontsluit – oordeel as ’n soort genade.

Hoekom maak God sulke “weerlose, weerlose mense” (Koos du Plessis) wat soveel kwaad aanrig? ’n Verhaal in die Koran laat die engele by God pleit om nie mense te skep nie omdat dit net tot ellende kan lei, waarop God antwoord: “Julle weet nie wat Ek weet nie.” Wát God weet, bly egter geheim!

Ook ons bring kinders in die wêreld, al sal nóg ons, nóg hulle die lewensreis ongeskonde voltooi. Daarmee beaam ons die Skeppergod se woorde: “en dit was baie goed” (Gen. 1:31). Weet ons dalk tog wat God weet?

Hierdie artikel het oorspronklik in Die Kerkbode verskyn.

Die saligsprekinge: opdrag of konstatering?
Almal ken die saligsprekinge (Mt 5:1-12): “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is …”

Ek het al in eredienste hierdie teksgedeelte as wetsvoorlesing in samehang met die skuldbelydenis en genadeverkondiging gebruik. Ook in preke word dit meestal verbind met een van Calvyn se “drie gebruike van die wet”: die saligsprekinge as 1) etiese voorskrif of ideaal, 2) aanklaer wat ons na Christus laat vlug of 3) riglyn vir ’n dankbare lewe.

Verstaan ons dit reg as ons dit só verstaan?

Dit tref my onlangs weer dat Jesus nie in die imperatief (bevelend) oor die geseëndes praat nie. Dan sou dit lui: “Julle moet honger en dors na wat reg is!” Nee, Hy praat indikatief (sê hoe dit ís): “Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is.”

Jare gelede, in die Sondagskoolklas, het Oom Anton verduidelik dat as ’n mens wil weet wat “salig” (“geseënd” in die 1983- vertaling) beteken, jy moet dink aan hoe dit is om langs die swembad te lê – ’n voorstelling wat nog altyd tot my spreek! Gestel nou iemand sou aan die sonbaaiers vra: “Wie is lus vir ’n yskoue koeldrank?”, en wanneer almal roep: “Ek!”, antwoord met: “Het ek goeie nuus vir julle!”

Weerklink iets hiervan nie in die saligsprekinge nie? Behalwe: dié wat aangespreek word, lê nie langs ’n swembad nie. Inteendeel. In Lukas se weergawe praat Jesus met “julle wat arm is … honger het … huil”, vir wie die mense “haat … verstoot en uitskel”, wie se naam “vermy” word “soos iets wat sleg is”.

Hulle het nie iets gedoen om seën te verdien nie. Hul armoede, smart en hongerpyne is nie ’n prestasie nie, maar ’n bittere lot. Matteus se weergawe, waarin die armes die “armes van gees” of “armes aan lewenskrag” genoem word (in die 1983-vertaling: “dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is”), en die hongeriges “dié wat honger en dors na wat reg is”, sê dieselfde, want wie anders smag na geregtigheid as dié wat onreg ly? Waar kom Jesus dan daaraan dat hulle “geseën” is? Hy sê selfs: “Wees bly en verheug” (Mt 5:12), “spring rond van vreugde” (Lk 6:23)!

Beteken dit armoede is romanties, mooi of edel, soos Jesus ook al (veral deur welvarendes) verstaan is? Nee! Jesus verbind die blydskap aan “daardie dag” – die dag van die Here, die dag wanneer Gods heerskappy aanbreek en alles herskep, nuut gemaak, reggestel, word. Dié dag bring ’n einde aan armoede, hartseer en hongerte (Op 21:4), en “het naby gekom” (Mk 1:15). Jesus die digter draai in die saligsprekinge alles op sy kop omdat Hy vas glo die hele wêreld gaan op sy kop gedraai word en dat dit reeds in en deur Hom aan die gebeur is: “Het ek goeie nuus vir julle!”

Dit het ’n keersy: “Maar ellende wag vir julle wat ryk is, want julle het julle lekker lewe al weg.” (Lk 6:24) Die wêreld soos dit nou is, pas julle goed, maar “daar kom ’n tyd, en dit is nou,” (Jn 4:23) dat alles anders gaan lyk.

Desnieteenstaande is David Bosch se boekie oor die Lukas-evangelie getitel Goeie nuus vir armes … en rykes. As rykes kan leer om saam met armes te huil, honger en dors, sal ook hulle die onderstebowêreld wat deur Jesus ingelui word, kan verwelkom. Dis soos die Belhar-belydenis sê: “Ons glo dat God … op ‘n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg.” Miskien tel selfs rykes onder die lidmate van hierdie kerk.

Hierdie artikel het oorspronklik in Die Kerkbode verskyn.

Moderniteit noodzaakt ander antwoord op vraag naar het lijden
Een nieuwe, meer theologische en minder filosofische benadering is nodig om in deze tijd een afdoende antwoord te geven op intense vragen over lijden en kwaad, stelt prof. dr. Marcel Sarot.

Read the rest of this article by Marcel Sarot on Reformatorisch Dagblad.

Wie ken die ou, ou liedjie?
Is dit nie vreemd nie? Die Gees van God het pas sigbaar, in die gestalte van ’n duif, op Jesus neergedaal ter bekragtiging van die Vader se verklaring dat Jesus die Seun van God is (Mt 3:16-17; Mk. 1:9-11; Lk. 3:21-22). Is die resultaat ekstase, innerlike vrede, blydskap? Nee, die Gees dryf Jesus in die woestyn in om eensaam met die betekenis en implikasies van sy messiaanse roeping te stoei (Mt. 4:1-11; Mk. 1:12-13; Lk. 4:1-13). Wat verwag God van Hom? Hoe moet Hy sy taak aanpak?

Dan is daar ’n stem, ’n gewaarwording, ’n aanloklike voorstelling van messiasskap, wat hom aan Jesus se bewussyn opdring. Die evangeliste sê dit was die Duiwel, die leuenaar en versoeker. (Is die Duiwel regtig? vra iemand dalk. Karl Barth sou glo ’n keer gesê het: “Dis nie belangrik of die slang gepraat het nie, maar wat hy gesê het!”)

Is dit vir Jesus ook so glashelder? Sou dit vir Hom ’n egte versoeking wees as Hy meteen duidelik kon sien dis die Bose wat hom tot grootdoenerige magsvertoon aanpor? Gestel ou Nick staan met stert, horings, vurk en al voor jou of my en sê: “Buig voor my neer!” Sou selfs ons hom nie aflag nie?

Volgens Paulus doen die Duiwel hom as ’n engel van lig voor (2 Kor. 11:14); in Openbaring 17:4 is sy “uitgedos in pers en helderrooi klere en opgetooi met goud, edelstene en pêrels”. Lê daarin nie ’n sleutel tot die verstaan van Jesus se versoekings nie? Die stem bied hom as die stem van God aan. Die stilte, “honger” en verlatenheid van die woestyn, die skynbare afwesigheid van die Vader, word deur ’n vriendelike, aansporende, selfs vertroostende stem verdryf: “Hier is die plan van aksie …”

As die Duiwel nie aan die klank van sy heuningsoet stem of sy sjarmante voorkoms uitgeken kan word nie, waaraan dan? Aan sy vals note. Dié wysie klink nie vals wanneer dit in isolasie beluister word nie. Dis eers wanneer die klank van God se Woord daarnaas weerklink (“Dit staan geskrywe …,” antwoord rabbi Jesus telkens) dat harmonie onmoontlik blyk, die wanklanke hoorbaar word. Sit dit af, sit dit af!

Dis nie dat Jesus toepaslike teksverse kan vind nie. Dit doen die Duiwel self uitmuntend! Nee, Jesus van Nasaret lééf met en uit die skriftelike neerslag van Israel se herinnerings en getuienis – “oordink dit dag en nag” (Ps. 1:2). Die taal van die Skrif het sy taal geword, die denkbeelde sy denkbeelde, die waardes en sentimente ook syne. Dít is die deuntjie – of liewer: die simfonie – wat voortdurend in sy hart weerklink, soos ’n musiekstuk selfs in die “geestesoor” van die dowe Ludwig von Beethoven hoorbaar was. Vandaar dat Jesus die opsigself meesleurende ritme van die Duiwelslied onmiddellik as ’n wanklank herken.

Die versoeking is nie om bewustelik die Duiwel bo God lief te hê nie, maar om die stem van boosheid as God se heilige stem te hoor. Die Here is nie, soos die afgod Baäl, in stormwind, aardbewing en vuur nie, maar soos “’n fluistering in die windstilte” (1 Kon. 19:11-13). Die klanke wat hulle luiddrugtig aan ons opdring, is makliker hoorbaar as die stem van God.

Paulus verwys na die “onderskeiding van geeste” (1 Cor. 12:10). Hoe dan? Deur van elke gees te vra of dié se lied (al is dit ook tale, wonders of “geestelike” prestasies) met die geklank van die Woord resoneer. Daardie Woord was nie net voedsel vír Jesus, en is nie net déúr Hom uitgedeel, nie, maar het (sou dit blyk) ás Jesus “mens geword” (Jn. 1:14). Laat ons dan ook daardie Woord dag en nag oordink.

Hierdie artikel het oorspronklik in Die Kerkbode verskyn.