Laat hoor en sien verstaan

My jongste rubriek in die Kerkbode:

Geloof gaan oor hoor, nie oor sien nie, herinner Michael Horton ons in sy kraakvars sistematiese teologie, Christian Faith. Hiermee staan hy in die tradisie van die hervormers, wat na Bybelwoorde, eerder as ons selfgemaakte beelde van God, teruggegryp het. ’n Belangrike verskil tussen die Joodse en Grieks-Romeinse kultuur was dat laasgenoemde op “sien is glo” gereken het, maar eersgenoemde op “hoor is glo”. (Omdat dit hier nie slegs oor letterlike Godspraak gaan nie, maar ’n metafoor, kan dowes ook in dié sin “hoor”.)

Die hoor waarop geloof in die Abrahamitiese tradisie berus, teenoor die sien van die antieke filosofie, het daarmee te doen dat God ons aanspreek – die inisiatief lê nie by ons nie. Baie Bybelskrywers praat so, soos die skeppingsmites in Genesis: eers God wat deur woorde skep, en daarna meneer Mens (Adam) en mevrou Lewe (Eva) wat aangespreek word. Abraham en Moses word geroep en gestuur. Die Woord van Jahwe kom na, en deur, profete. Selfs wanneer visioene gesien word, gaan dit met spraak en uitleg gepaard. Geloof kom deur hoor, sê Paulus later, en Jesus weerstaan die Duiwel se versoekings met Skrifwoorde.

Dit maak ’n verskil of ons sien of hoor. Horton verwys na Paul Tillich se onderskeid tussen twee soorte godsdiens: “overcoming estranchement” en “meeting a stranger”. Die eerste is óns werk; die tweede kom van buite.

Die antieke blik, daarenteen, wil insien dat God sus of so moet wees – soos in die Middeleeue, toe dit skynbaar ooglopend was dat God die grootste denkbare wese moet wees, en glashelderwatter “grootmakende eienskappe” dit impliseer. Insig in die Goddelike kom dan deur wat eksien, die klaarblyklike – hetsy deur introspeksie of in gewaarwordings deur ervaring. Die vader van die moderne kennisleer, René Descartes, was weer opsoek na “helder en duidelike idees” as vertrekpunt van alle kennis – ook empiriese wetenskap. So dink ons vandag nog: I spy with my little eye!

Wat toevallig ons retina indring, of waarvoor ons gretig op die uitkyk is, verskil van ’n stem wat ons aanspreek. Só ’n stem is nie toevallig nie; nog minder onder ons beheer. Die ander kan praat wanneer ons stilte sou verkies, stilbly wanneer ons ’n antwoord soek, anders praat as wat ons verwag of gehoop het, verras met iets wat ons nooit kon bedink nie. Godskennis is dan nie ons prestasie of goeie werk, nie, maar ’n geskenk oftewel genade.

Skeptici soos Marx, Freud en Feuerbach kan ons herinner dat, as God nie self praat nie, ons gedagtes oor God hersenskimme (!) is – magspeletjies, onvolwassenheid, projeksie. Hierop sêdie beste teoloë, soos Karl Barth, amen, want wat kan ons van God weet wat God ons nie láát weet nie? As dit by Godskennis kom, en daarom by die belangrikste kennis oor onsself, sê die Abrahamitiese tradisie, moet ons waak teen spekulasie – van die Latynse speculari: spioeneer, waarneem of uitkyk.

Jesaja praat op ’n vreemde manier oor die krag van God se Woord. Dit dra nie net inligting oor nie, maar laat dinge gebeur. Wat God onderneem, sal God ook uitvoer. God se woorde kan vrees inboesem, tot inkeer bring, of juis hoop gee, bemoedig. In talle Bybelverhale spreek God se spraak vanself – niemand wonder wie daar praat nie! Deur ons aan te spreek, bring God ’n verhouding tot stand – of ons dit wil of nie. Ons kan sê: “Hier is ek!”, soos Moses of Samuel, of probeer wegkruip, soos Adam en Eva, maar ons bly aangesprokenes.

Dis waaroor Advent gaan: wag op ’n Woord wat vlees word. As ons die getuienis oor Hom nie hoor nie, sal geen kyk ons help om Hom te sien nie.

avatar

Oor | About Gerrit Brand

Gerrit is senior lektor in sistematiese teologie aan die Universiteit Stellenbosch, en die skrywer van verskeie vakkundige en populêre artikels asook die monografie Speaking of a Fabulous Ghost – In Search of Theological Criteria, with Special Reference to the Debate on Salvation in African Christian Theology. Sy blog, DinkNet, kan op die aanlyn joernaal LitNet gelees word. Verder skryf hy rubrieke vir die Kerkbode, die Maandblad Zuid-Afrika en Streven. Hy is getroud met Lucia, en hulle het twee seuns, Simon en Arend. Hulle woon in Stellenbosch. || Gerrit is senior lecturer in systematic theology at Stellenbosch University, en the author of several academic and popular articles, as well as the monograph Speaking of a Fabulous Ghost – In Search of Theological Criteria, with Special Reference to the Debate on Salvation in African Christian Theology. His blog, DinkNet, can be read on the online journal LitNet. He also writes columns for Kerkbode, Maandblad Zuid-Afrika and Streven. He is married to Lucia, and they have two sons, Simon and Arend. They live in Stellenbosch.
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

Deel Ons Artikel | Share Our Article

Soortgelyke Artikels | Related Posts

1 Kommentaar vir | One Response to Laat hoor en sien verstaan

  1. avatar Ben biggs says:

    Om aan Christus te behoort
    Het u geweet- ñ Gelowige persoon is nie noodwendig ñ geredde persoon nie?
    1Korinthiers 1,21-Want aangesien in die wysheid van God die wéreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo te red.
    Nou ontstaan die vraag; is dit vir ñ gelowige persoon moontlik om verseker te weet, hy of sy staan in die volkome geloof met God?

    Volkome geloof kan in twee dele beskryf word:-Die een deel is om in algehele afhanklikheid en opregtheid in God te glo.
    Die ander deel wat onlosmaaklik van die eerste deel is om ñ volkome geloof te bewerkstellig, is om te ken in wie ons glo.
    Kom ons kyk na ñ paar voorbeelde uit die Bybel.
    Die verhaal van Korneliüs is veelseggend, Handelinge10; ons lees van hom dat sy wandel en handel voor God so opreg was dat sy gebede opgestyg het voor God. Sy een deel van die volkome geloof in God was in plek, maar die ander deel om te ken in wie hy glo het ontbreek.
    Ons sien ñ engel verskyn aan hom en sé hy moet vir Simon Petrus laat haal om hom te onderrig.
    Wanneer Petrus vir Kornelius en sy mense die boodskap bring dat God in sy groot genade en liefde dit vir alle mense moontlik maak om gered te word volgens Johannes3,16;-Want so lief het God die wéreld gehad,dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hé, en 1Johannes5,20;-En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken, en ons is in die ware God, in sy Seun Jesus Christus,Hy is die ware God en die ewige lewe, Galásiérs3,26-29 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is,het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie,daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie;want julle is almal een in Christus Jesus.
    En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
    Nou word die ander deel vir ñ volkome geloof in God vir hom geopenbaar, en word hy in die Naam van Jesus Christus gedoop ,en is sy geloof volkome.

    Nog ñ treffende voorbeeld is die verhaal van Paulus; Ons lees hy was ñ yweraar vir God, hy was opgevoed in die stengste Joodse geloof,hy was vas oortuig daarvan dat wat hy gedoen het,nl om die Christen geloof uit te delg reg was. Sy geloof in God was opreg, maar die deel om te ken in wie hy moet glo het ook by hom ontbreek. Ons sien op die pad na Damaskus het hy ñ ontmoeting met God. Hy vra wie is U Here, en die Here antwoord hom, Ek is Jesus wat jy vervolg. Nou kom die ander deel vir ñ volkome geloof nl om te ken in wie hy moet glo in werking en sy geloof word volkome.

    1Johannes3,2 Geliefdes, nou is ons kinders van God en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.

    Johannes14,6;Jesus antwoord hom. Ek is die weg en die waarheid en die lewe;niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
    Johannes10,9;Ek is die deur; as iemand deur my ingaan,sal hy gered word,en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
    Dit is baie belangrik as ons aan Christus wil behoort om in die volkome geloof te wandel.
    Ons lees in Efésiérs4,4-5;Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping.Een Here,een geloof ,een doop. (God maak die reéls, nie ons nie)

    In die eerste plek moet ons die bybel, as die Woord van God onbetwisbaar erken en aanvaar. Ons lees in 11Timóteüs 3,16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. En n gedeelte uit die Skrif wat pragtig daarmee aansluit vind ons in Spreuke30,5&6 Elke woord van God is gelouter, Hy is n skild vir die wat by Hom skuil. Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as n leuenaar openbaar word nie. Ons vind ook n vermaning in11Timóteüs 2,15 nl. Lé jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny, En nou moet ons toelaat dat die Heilige Gees wat die Gees van die waarheid is ons bystaan dat ons nie dwaal nie.

    Een Here;-Markus12,29 En Jesus antwoord hom. Die eerste van al die gebooie is;Hoor Israel, die Here,onse God is n enige Here.
    1Korinthiers12,3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus n vervloeking noem nie, en niemand kan sé dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
    Handelinge 9,5 En hy sé. Wie is U Here? En die Here antwoord. Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
    Filippense2,10&11 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
    Johannes14,6 Jesus antwoord hom. Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
    Uit bogenoemde tekse is dit baie duidelik dat Jesus Christus die Here is.

    Een Geloof;-Johannes 3,16 Want so lief het God die wéreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hé.

    Johannes5,24 Voorwaar, voorwaar Ek sé vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
    Johannes6,40&47 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hé; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Voorwaar, voorwaar Ek sé vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
    Johannes12,44&45 En Jesus het uitgeroep en gesé. Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het. En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.
    Johannes10,30 Ek en die Vader is een.
    1Johannes3,23 En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhe soos Hy ons n gebod gegee het.
    1Johannes5,13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
    Johannes 3,18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
    1Johannes5,20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die waaragtige te ken; en ons is in die waaragtige, in sy Seun,Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe. My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.
    Uit bogenoemde skrifte is dit ook duidelik dat alleenlik deur die geloof in die Seun van God nl Jesus Christus ons die ewige lewe deelagtig kan word, en nie veroordeel hoef te word nie.

    Een Doop;- Mattheus28,19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
    Markus16,15&16 En Hy het vir hulle gesé. Gaan die hele wéreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word, maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
    Die evangelie wat verkondig moet word is saamgevat in Johannes 3,16 Want so lief het God die wéreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hé.
    Nou moet ons egter op ñ baie belangrike aspek van Jesus se opdrag let nl, Jesus sé,gaan en verkondig- vertel vir almal die goeie tyding dat hulle gered kan word.Hy sé nie gaan vra die wetenskaplikes-die wyses- die goddeloses-die redetwisters van ons tyd, wat hulle dink en hoe hulle oor hierdie aangeleentheid voel nie.Nee, Hy sé vertel hulle net en maak seker hulle hoor en verstaan die boodskap,en beklemtoon die alternatief vir die wat nie wil glo nie, hulle sal veroordeel word.
    Veroordeel kan beste verstaan word deur,( Vertoon sy of haar lewe, gedagtes, woorde, en dade.)

    Matthéüs13,11 Toe antwoord Hy en sé vir hulle; Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken,maar aan hulle is dit nie gegee nie. Dit is die groot opdrag wat die Here Jesus Christus vir sy dissipels gegee het om uit te voer, net voor Hy opgevaar het na die hemel. Maar baie belangrik, nie uit hulle eie krag en verstand nie.
    Ons lees in Lukas24,45-49 Toe open Hy hulle verstand om die skrifte te verstaan. En Hy sé vir hulle. So is dit geskrywe,en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuies van hierdie dinge. En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.
    Handelinge2,1-4 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel n geluid soos van n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
    Indien daar ooit iemand was wat volkome toegerus was om die evangelie van God te verkondig, dan was dit verseker Jesus se dissipels. Ons het gelees, Hy het hulle verstand gegee om die ware God te ken.Hy het hulle verstand geopen om die skrifte te verstaan, en hulle was met die Heilige Gees gedoop wat die Gees van die waarheid is, en nie kan lieg nie. En nou sien ons begin hulle die opdrag van Jesus uitvoer, nl om die evangelie te verkondig
    Ons lees in Handelinge2,37 van die eerste bekeerdes.Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesé. Wat moet ons doen broeders? En luister net wat sé Petrus gevul met die Heilige Gees vir hulle.
    Handelinge 2,38 En Petrus sé vir hulle. Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
    Verder lees ons in Handelinge8,12,16 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop manne sowel as vroue.16 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
    En nou kom Paulus in Handelinge19 en ons lees hy het in Efese gekom en daar gelowiges gevind en hulle gevra. Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord. Met die doop van Johannes. Daar op sé Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesé dat hulle moes glo in die Een wat na hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
    Nou ontstaan die vraag; Het die doop; die besnydenis as teken van die verbond van God met Abraham vervang?
    Antwoord;-Die besnydenis as uiterlike teken ( van God se verbond met Abraham en sy nageslag as erfgename) word vervang en vervolmaak deur die geloof in Christus Jesus.
    Jy word nie ñ kind van God deur jou te laat doop nie.
    Simon die towenaar is die bewys hiervan.(Handeling8,9-24)
    Jy word alleenlik ñ kind van God deur die geloof in Christus Jesus.
    Waar pas die doop dan in?
    Die doop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, is deel van die proses om aan Christus te behoort.
    (1)Glo;-Johannes3,16-Want so lief het God die Wéreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,maar die ewige lewe kan hé.
    (2)Aanneem;-Johannes 1,11-12-Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
    Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.
    (3)Bekering en doop;-Handelinge2,38-En Petrus sé vir hulle; Bekeer julle, (kom tot die geloof in Jesus Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
    (4) Beklee;-Matthéüs22,11-12-En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ñ bruilofskleed aan het nie. En hy sé vir hom; Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ñ bruilofskleed aan?En hy kon geen woord sé nie.
    (5)Wedergeboorte;-Titus3,5- nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.
    1Korinthiérs15,22-23; Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde; as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms
    In die mond van twee of drie getuies sal elke word vas staan.(Petrus-Filippus-Paulus)
    Een Here: Die Here Jesus Christus.
    Een geloof: Die geloof in die Here Jesus Christus, om die ewige lewe te beérwe.
    Een Doop: Die doop in die Naam van die Here Jesus Christus, tot vergewing van ons sonde
    Handelinge 4,12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
    Jeremia15,16 Ek het U woorde verslind toe hulle gekom het, hulle was vir my vreugde; ek was bly daaroor dat U Naam oor my uitgeroep is, Here almagtige God.
    11Korinthiers2,14&15 Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus, en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.
    Want ons is n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan. Romeine 16,16
    Ou vertaling: E-pos [email protected]

Lewer Kommentaar | Leave a Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>