Kerkbode laat sosiale media gons by sinode!

Kerkbode se Facebook-blad het ongekende belangstelling uitgelok tydens verlede week se Algemene Sinode van die NG Kerk.

Jean Oosthuizen laat weet die blad se nuusvoer oor die sinode op Kerkbode se FB-blad is tydens die sinodesitting van Maandag tot Vrydag altesaam 149 266 keer deur Facebook-gebruikers besigtig. Die week tydens die duur van die sinode is daar 1 381 keer deur lesers reageer op Kerkbode se nuusvoer of deur lesers aangedui dat hulle van ’n spesifieke pos gehou het.

Verlede Donderdag toe die Belydenis van Belhar en Kerkeenheid bespreek is (13 Oktober) was die blad op sy besigste. Die tweede meeste besoeke op een dag was die dag tevore toe daar onder meer gepraat is oor die doop, die bediening van bevryding en die huwelik en saamwoon.

Die meeste mense wat aangedui het hulle hou van Kerkbode se Facebook-blad was van Pretoria gevolg deur Kaapstad en Johannesburg. Daar was ook mense in die buiteland soos Namibië, die VSA. Nederland, Kanada, New Zeeland en enkele ander lande wat die NG Kerk se Algemene Sinode op Kerkbode se Facebook-blad gevolg het.

Altesaam 40% vroue en 56% mans het kom saamkuier op Kerkbode se Facebook-blad (die res se geslag is nie bekend nie). Agtien persent van ons besoekers was mans tussen 45 en 54 jaar met 11% vroue in daardie ouderdomsgroep, gevolg deur mans (13%) tussen 35 en 44 jaar teenoor 10% vroue in daardie ouderdomsgroep. Sowat 24% van ons besoekers was mans en vroue tussen 13 en 34 jaar.

Kerkbode se Facebook-blad kan besoek word by www.facebook.com/kerkbode en Kerkbode kan op Twitter gevolg word by @kerkbode.

Jean Oosthuizen

Kerkbode nuusredakteur

 

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Deel Ons Artikel | Share Our Article

Soortgelyke Artikels | Related Posts

  • Geen Soortgelyke Artikels Gevind Nie | No Related Posts Found

Lewer Kommentaar | Leave a Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>