ALGEMENE SINODE 2011 BOKSBURG

Kol 1:15 – 20 …..Hy is die Hoof van die liggaam, van die kerk..God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon en deur Hom alles met Homself te versoen…”

Ek kan nie verslag doen van die 2011 Sinode nie, net maar getuig van die werking van die Heilige Gees wat ek ervaar en gesien het. Hierdie Gees het mense gevul, hulle saamgesnoer as heilige priesterdom met profetiese, versoenende stem tot eer van die Hoof van kerk. Nog nooit in my lewe het ek die Heilige Gees so ervaar nie en my (en sy kerk se) afhanklikheid van die leiding van hierdie Gees besef nie.

Die besef het al sterker gegroei, soos die aanhefteks elke dag gelees is, dat God besluit het om met sy volle wese in Christus te woon, en Hy as Hoof van die kerk hierdie Gees aan ons toevertrou het om die boodskap van versoening verder te dra. Hierdie is ʼn genadige toesegging van ʼn God wat mense lief het en hulle roep as sy dienaars/medewerkers in ʼn gebroke wêreld waarin ons leef.

Ek kan nou sê: God praat deur sy kerk, God lei deur sy kerk, God openbaar Homself deur sy kerk. God roep sy kerk tot ʼn bediening van versoening en bekwaam sy kerk(gelowiges). Dit doen Hy ook deur die NG Kerk solank ons onthou dat dit nie ons werk is nie, maar God se werk.

Ek het jongmense sien opstaan en sê: Ons sien lewe, ons ervaar hoop, ons sien God werk, ons hoor die melodie van hemelse musiek en ons dans die toekoms tegemoet met die vaste wete dat die Gees van God ons die krag sal gee om oor grense heen versoenend te lewe!

Ek het stemme oor die wêreld heen hoor sê, julle is die alleen nie, as gereformeerdes dans ons saam met julle oor God se goedheid, bely ons saam met julle ons geloof in die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, bid ons saam met julle dat die boodskap van versoening steeds mense na Christus sal lei, ervaar ons saam met julle dat God deur sy kerk hierdie boodskap wêreldwyd uitdra.

Met die Gees so werksaam, was dit vir God ʼn geringe ding om te doen (2 Kon 3:18) om mense te motiveer om ja te sê vir Belhar, en ja te sê vir Kerkhereniging. Dieselfde Gees sal sy kerk lei in die proses totdat die wêreld sien Jesus is Koning van sy kerk, maar bo alles Koning van sy skepping!

Ek wens ek kon die lied “Dance” vir u speel.

Danie Theart

Oktober 2011

 

 

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Deel Ons Artikel | Share Our Article

Soortgelyke Artikels | Related Posts

  • Geen Soortgelyke Artikels Gevind Nie | No Related Posts Found

Lewer Kommentaar | Leave a Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>