
William Blake: Adam gee name aan die diere.
Maar wat sê die Tuinverhaal – die verhaal van Adam en Eva en hul kinders – oor menswees? Wat is dit wat ons in dié spieël sien?
Die mens is van die aarde
Volgens die tuinverhaal hoort die mens en die aarde by mekaar. In die vertelling word dit deur fyn woordspeling onderstreep. Die mens (adam) word gemaak uit stof van die aarde (edama). Die mens is stoflik. Wanneer ons onsself verhef bo die natuur en dink dat ons die natuur na hartelus kan uitput, misbruik, opgebruik, daaroor baasspeel omdat ons kwansuis “in beheer” is, herinner dié verhaal ons dat ons nie te hoog moet opgee oor onsself en ons vermoë nie: ons is déél van die natuur.
Die mens is van God
Maar die mens is ook “van God.” Nie goddelik nie, maar as’t ware uit God se hand gegee. Uit die verhaal word dit duidelik dat die mens ‘n geestelike wese is, wat hier beteken dat die mens in besondere, bewustelike verhouding staan tot die Skepper. Ons het ’n Godsbewussyn, ’n verlange na die Ewige. Terwyl die besondersheid van die mens reeds in Genesis 1 gesuggereer word deur te sê dat die mens na “God se beeld” geskep is, word die mens se besondersheid in Genesis 2 in verhaalvorm meegedeel.
Lees verder op Danie du Toit se blog: Wolketrapper
Deel Ons Artikel | Share Our Article
Soortgelyke Artikels | Related Posts
1 Kommentaar vir | One Response to Menswees
Lewer Kommentaar | Leave a Comment
Pingback: Tweets that mention Menswees | Sol Iustitiae -- Topsy.com