Monthly Archives: January 2011

Om hoog en laag by menseregte te sweer

Ek dink “menseregte” verwys na iets wat ons nie aan medemense toeken nie, maar bloot in hulle herken. Almal het hierdie regte, ongeag of andere dit respekteer.

Ons is sekere dinge aan mekaar verskuldig, of ons dit erken of nie. Ek beskou menseregte as “objektief”; ek huldig ’n “hoë” siening van menseregte.

Hierdie siening is tans uit die mode. Hoewel baie oor menseregte gepraat word, is dit meestal asof menseregte slegs bestaan as dit wetlik erken of as daarvoor geveg word. Voor- én teenstanders van menseregte deel hierdie soort menseregtetaal.

’n Mens sien dit in konserwatiewe klagtes dat mense “te veel regte” het, maar ook in die uitlatings van ’n regeringsverteenwoordiger wat meen Suid-Afrika en China word albei gekonfronteer met die “probleem” van menseregte wat “in die pad staan” van transformasie-agendas, asook in die manier waarop party akademici oor die menseregte-“konstruk” teo­re­ti­seer. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | 1 Comment

Weerlose Gemeenskap: Teologie, Gestremdheid en Menswaardigheid | Vulnerable Communion: Theology, Disability and Human Dignity

18-22 Mei is ‘n belangrike datum op die 2011 kalender van die Teologiese Fakulteit op Stellenbosch. Die Fakulteit Teologie is dan die gasheer vir ‘n internasionale konferensie met die tema van Teologie, Gestremdheid en Menswaardigheid, wat ons in samewerking met die Fakulteit Medies aanbied as deel van Universiteit van Stellenbosch se hoopprojek. Een van die hoofsprekers by die konferensie is Thomas Reynolds, Mede Professor van Teologie, Emmanuel College, Toronto, Canada wie se mees onlangse boek, Vulnerable Communion: A Theology of Disability and Hospitality (Brazos, 2008) genomineer is vir die Michael Ramsey prys vir Teologiese Uitmuntendheid.

18-22 May is an important date on the 2011 calendar of the Faculty of Theology of Stellenbosch. The Faculty of Theology is then host to an international conference with the theme of Theology, Disability and Human Dignity in conjunction with the Medical Faculty as part of Stellenbosch University’s Hope Project. One of the keynote speakers at this conference is Thomas Reynolds, Associate Professor of Theology, Emmanuel College, Toronto, Canada whose most recent book, Vulnerable Communion: A Theology of Disability and Hospitality (Brazos, 2008) has been nominated for the Michael Ramsey prize for Theological Excellence. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | 2 Comments

Menswees

Maar wat sê die Tuinverhaal – die verhaal van Adam en Eva en hul kinders – oor menswees? Wat is dit wat ons in dié spieël sien? Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | 1 Comment

Wolketrapper: Menslike Mense

Daar’s die bekende verhaal van die filosoof wat so eeu of drie voor Christus se geboorte in Athene helder oordag oor die markplein stap. In sy hand is daar ’n brandende lamp waarmee hy soek-soek loop. Wanneer mense nuuskierig vra: “Wat soek jy?”, antwoord hy elke keer: “Ek soek ’n mens.” “Watter mens?” vra hulle spottend. “ ’n Regte mens”, antwoord hy. Met dié handeling is hy besig met ’n soort aanskouingsles: hy soek iemand wat eg-menslik optree, soos wat van ‘n “regte mens” kan word. Sy “soektog” maak die stelling dat sulke mense skaars is.

Die vraag is: Wat maak mense menslik? Wat is eie aan menswees? Wanneer kan menswees as iets “mooi” beskryf word?
Dat daar nie ’n enkelvoudige antwoord oor menswees bestaan nie, word gesuggereer deur Alexis Carrel se boektitel Man the unknown (1906). Dié betekenisvolle titel vind hy gepas ná sy jarelange navorsing oor die mens. Continue reading