Soek | Search
Besig om te Laai | LoadingTeken in per E-pos |Subscribe via Email
Teken in via RSS | Subscribe via RSS
Click here to subscribe to the Sol Iustitiae FeedVertaal | Translate
Monthly Archives: December 2010
Kersfees bevry van angs

Die Kanadese teoloog , Douglas John Hall, bring Jesus se verlossings- en versoeningswerk in verband met ons verlossing van menslike angs. Hy redeneer naamlik dat die Verlosser van kersfees ons verlos van die drie vorme van angs wat die Amerikaanse teoloog, Paul Tillich, in die twintigste eeu geïdentifiseer het. Die drie vorme van angs is die angs van skuld en verwerping, die angs van eindigheid en dood, en die angs van sinloosheid en doelloosheid.
Christus verlos ons van die angs van skuld en verwerping. Sovele leef met die angs dat ons skuld te groot is om vergeef te word, dat ons oortredinge te grof is, ons dade te lelik. Ons loop met die angs dat ons gestraf en verwerp sal word. Continue reading
Gepubliseer in | Posted in Uncategorized
Lewer kommentaar | Leave a comment
Wanneer die verlede weer die hede word

In Europa word nog essays gepubliseer. Ek bedoel nie op webwerwe of in koerante en tydskrifte nie, maar in boekvorm.
Meer as tien jaar gelede het ’n huisgenoot in die Utrechtse Zuid-Afrikahuis my byvoorbeeld ’n boekie in die hand gestop met die filosoof Richard Rorty se twee Spinoza-lesings (eintlik essays) aan die Universiteit van Amsterdam. Die eerste een het my bygebly: “Is it Desirable to Love Truth?” Continue reading
Gepubliseer in | Posted in Uncategorized
Lewer kommentaar | Leave a comment
Gehoor, maar nie verstaan nie

Keiser Konstantyn was met sy leër op pad om nog ’n vyand te verslaan toe hy in die hemelruim ’n kruis gewaar met daarby die woorde: “In hierdie teken sal jy oorwin.” So vertel Eusebius, die eerste kerkhistorikus.
Die gevolge vir die kerk was ingrypend. Nie net is die vervolging van Christene gestaak, en die Christelike geloof tot “toelaatbare godsdiens” verklaar, nie, maar Konstantyn het homself as Christen-keiser begin sien, met die verantwoordelikheid om die ortodokse leer te verdedig. Later sou invloedryke teoloë soos Augustinus, Aquinas en die Hervormers dit vanselfsprekend ag dat die owerheid kettery moet bestry. Continue reading
Gepubliseer in | Posted in Uncategorized
Lewer kommentaar | Leave a comment