Monthly Archives: October 2010

Nog voor die kruisiging

In die eerste eeue van sy bestaan het die kerk diep nagedink oor wié Jesus is, wát met hom gebeur het en dát dit “vir ons en ons verlossing” was. Minder is gesê oor hóé dit is dat hierdie gebeure ons redding bewerk. Eers in die elfde eeu het besinning oor die “logika” van die versoening sterk op die voorgrond getree.

Kan dit wees dat wat deur Middeleeuse teoloë, en later deur die Hervormers, uitgespel is – dat Jesus “vir ons” of “in ons plek” gesterf het – vir die vroeë kerk vanselfsprekend was, oorbodig om te verduidelik? Bybelse verwysings na Christus as plaasvervanger was immers alombekend. Maar waarom sou wat vir vroeë Christene glashelder was dan later (nogal in ’n “Christelike samelewing”) minder verstaanbaar word, ’n verwarrende knoop wat om ontrafelling vra? En hoekom sou die vrae wat die versoeningsleer vir latere Christene opgeroep het – soos of een mens ’n ander se skuld kan dra – nie die vroeë Christene gepla het nie? Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar | Leave a comment

Lootsing van die Stellenbosch Chapter of the Circle of Concerned African Women Theologians | Launching the Stellenbosch Chapter of the Circle of Concerned African Women Theologians

11 Oktober, 2010 vorm die offisiële lootsing van die Stellenbosch afdeling van die Circle of Concerned African Women Theologians wie se doelstellings goed uiteengesit word in ‘n artikel deur Isabel Phiri, “Major Challenges for African Women Theologians in Theological Education (1989-2008)”:

The Circle is a community of African women theologians who come together to reflect on what it means to them to be women of faith within their experiences of religion, culture, politics and social-economic structures in Africa.

11 October, 2010 saw the official launch of the Stellenbosch chapter of the Circle of Concerned African Women Theologians whose objectives are outlined well by Isabel Phiri in her essay, “Major Challenges for African Women Theologians in Theological Education (1989-2008)”:

The Circle is a community of African women theologians who come together to reflect on what it means to them to be women of faith within their experiences of religion, culture, politics and social-economic structures in Africa. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | 1 Comment

Middelmatigheid maak van ons drome nagmerries

Talle mense is al hoe meer besorgd dat ‘n kultuur van middelmatigheid oor ons land spoel en dat dit ons mooi drome vir ons land in nagmerries laat verander.

Ons kollektiewe droom vir Suid-Afrika is vervat in die Handves van Menseregte van die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996. Suid-Afrikaners van verskillende politieke oriënterings, en van ‘n verskeidenheid van godsdienstige en sekulêre tradisies deel die visie van ‘n samelewing van menswaardigheid. Die boustene van menswaardigheid is onder meer gelykwaardigheid en vryheid, geregtigheid en aequitas. Laasgenoemde bousteen verwys na die regstelling van klowe tussen ryk en arm en die bou van ‘n samelewing met hoër vlakke van ekwilibrium. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar | Leave a comment