Monthly Archives: September 2010

So min tale as jy kan?

In Stellenbosch, waar ek woon, is ’n Lutherse pastor, nog skaars ’n jaar uit Duitsland, wat nie net goed Engels praat (soos deesdae die meeste jong Europeërs geld) nie, maar ook uitstekende Afrikaans. Aan die teologiese fakulteit waar ek self werk, is ook ’n doktorale student uit Nederland wat Afrikaans byna foutloos praat. ’n Landgenoot van haar, ’n teoloog, bring ook heelwat tyd in ons dorp deur en beheers Afrikaans met gemak. Ek sou nog talle voorbeelde kan noem – ook van Europeërs en ander buitelanders wat ander Afrikatale as Afrikaans bemeester het en gebruik. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | 2 Comments

“Oh Lord …”

“Oh Lord …,” staan dit geskrewe op die advertensieborde vir ’n luukse Duitse motor – glo nie bedoel om aanstoot te gee nie, maar tong in die kies, met verwysing na ’n Janis Joplin-liriek. Slim, nè? Dit trek aandag en stook omstredenheid. Christene stuur protes-e-posse rond: “Godslasterlik!” Van kerkleiers word gevra om standpunt in te neem. “Niemand sal dit met die Moslems waag nie,” sê iemand (asof Moslems nie in God glo nie). “Ons Christene kan gerus ’n blaadjie uit hul boek neem.”

Soos Petrus wat oor Jesus se lydingsaankondiging sê: “Mag God dit verhoed, Here! Dit sal beslis nie met U gebeur nie!” (Matt. 16:22) Einste Petrus wat later, by Jesus se inhegtenisname, sy swaard uitpluk (Joh. 18:10). (“Hang on Lord, we’re gonna fight for you!” gee die musiekspel Jesus Christ Superstar dit weer.) Waarop Jesus antwoord: “Moenie in my pad staan nie, Satan!” (Matt. 16:23) En: “Hou op daarmee!” (luk. 22:41) (In JCS: “Why are you obsessed with fighting? Stick to fishing from now on.”) Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | 1 Comment

Van nagelaat tot nagelaat?

Is consumerism dalk die ideologie van ons dag? Só begin Ernst Conradie sy Uitverkoop? – sy vraende besinning oor ons tydsgees; ons omgang met ons wêreld, dié wêreld, dié skepping; met die erfenis wat ons ontvang het en vir hulle ná ons nalaat.

Maar wat beteken ideologie? Hoe sou dit wees as dit wél waar was? Die vraag is óf kompleks óf maklik te beantwoord. Geleerdes sê ideologie is idees wat ons inspan as wapens, om onssélf te bevoordeel en ánder te benadeel. Hoe? Op drie maniere – deur legitimasie, mistifikasie en reïfikasie, lui die ingewikkelde antwoord. Dog dit kan ook eenvoudiger. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar | Leave a comment

God is nie 'n Groot Meneer nie, maar …

’n Aantal jaar gelede het ’n debat in Nederland gewoed oor die gebruik van die woord (de) HEER om die Ou-Testamentiese Godsnaam JHWH te vertaal. Onze Taal (Oktober 2004) vertel van ’n protesaksie hierteen met die slagspreuk: “De Heer – dat kan niet meer.” Die hoofbeswaar was dat HEER “een exclusief mannelijke aanduiding is, die niet past bij het godsbeeld in de huidige tijd”. Alternatiewe vertalings wat aan die hand gedoen is, sluit in: Eeuwige, Aanwezige,Levende, Ene, G., Ik ben, Wezer en OSWIAD (“O Schitterend Wonder In Alle Dingen”). Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar | Leave a comment

Clicks-brille en Menswaardigheid | Clicks Eyeglasses and Human Dignity

As deel van my nuwe werk by die Fakulteit Teologie by die Universiteit van Stellenbosch met opdrag menswaardigheid, het ek hierdie week ‘n merkwaardige inisiatief ontdek. Die Siyazama projek (in Xhosa “we are trying”) onder leiding van Marietjie Botha van Egon (Eenheid vir Godsdiens en Ontwikkelingsnavorsing) wat gekoppel is aan die Teologiese Fakulteit, bring elke Dinsdag 20-30 Xhosa vroue bymekaar. Hierdie vroue wat almal werkloos is, het ‘n groentetuin by die laerskool gevestig en leer in ruil vir ‘n daaglikse maaltyd wat hul kinders by die skool ontvang asook ‘n maandelikse kospakkie van die Stellenbosch Community Development Programme in Kayamandi naaldwerkvaardighede wat hulle in staat stel om kreatiewe items soos interaktiewe kinderkombersies (kombersies met raserige, kleurvolle speelgoed vasgewerk en ‘n sakkie waar ‘n mens lekkergoed wegsteek), vrolike handsakke, asook brilhuisies te maak.

As part of my new work at the Faculty of Theology at Stellenbosch University with special assignment human dignity, I have recently discovered a aremarkable initiative. The Siyazama project (in Xhosa “we are trying”) under the auspice of Marietjie Botha of Egon (Unit for Religion and Research Development) that is connected to the Faculty of Theology, brings every Tuesday 20-30 Xhosa women together. These women, who are all unemployed and have established a vegetable garden at the primary school and in return for a daily meal for their children at school as well as a monthly food parcel from the Stellenbosch Community Development Program in Kayamandi, are learning needle work skills that enable them to make creative items such as interactive children’s blankets (blankets with loud, colorful toys attached as well as a pocket where one can hide sweets), colorful handbags, as well as eyeglass cases. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Human dignity | 1 Comment

Lente langs die Malawimeer | Experiencing Spring at Lake Malawi

Die hartland van die Christelike geloof skuif Suid. Die van ons wat in Afrika werk, is bevoorreg om te sien hoe die Gees van Christus in mense en gemeenskappe nuwe lewe skep.

Christianity’s heartland is “Going South”. Those of us working in different parts of Africa are privileged to see how the Spirit of the Lord creates new life. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar | Leave a comment

“Sol iustitiae illustra nos”: Nadenke oor die imago Dei | “Sol iustitiae illustra nos” Reflections on the imago Dei

Die Genesisverhaal kan as die primêre bron beskou word vir die hiërargiese en dualistiese interpretasies van die imago Deo waarvolgens die man normatief as beelddraer van God beskou word. In die verlede was die teologiese regverdiging vir die ondergeskikte posisie van vroue, asook die uitsluiting van vroue in besluitnemingstrukture, gebaseer op die interpretasie van Gen. 2-3.

The story of Genesis can be seen as the primary source for the hierarchical and dualistic interpretations of the imago Dei according to which males are regarded as the normative image bearers of God. In the past theological justification based on the interpretation of Gen 2-3 was given for the subservient position of women as well as the exclusion of women from the decision-making structures of the church. Continue reading