FRITS GAUM, JOHN DE GRUCHY BEKROON

PERSVERKLARING

FRITS GAUM, JOHN DE GRUCHY BEKROON

Vanjaar se wenners van die
Andrew Murrayprys vir Afrikaanse Christelike Boeke en die Andrew Murray-Desmond Tutuprys vir Christelike en Teologiese Boeke in ‘n amptelike taal van Suid-Afrika, is pas aangekondig.

– Dr Frits Gaum se boek, Fluit-fluit, die kerk is uit? is bekroon met die Andrew Murrayprys. In dié boek gee die skrywer twaalf rigtingwysers aan die kerk om sy geloofwaardigheid te behou en om die 21ste eeu te oorleef. Hy boekstaaf die foute en struikelinge van die kerk – hier en elders, nou en toe. Maar is dit verdoemend genoeg om te wanhoop aan die oorlewing van die kerk? Of is dit onafwendbaar dat die fluitjie vir die kerk gaan blaas?

Die beoordelaars meen die boek bied insig oor kwelvrae en daag die leser uit om na te dink oor die relevansie van die kerk vir vandag in Suid-Afrika.

Frits Gaum het in die letterkunde, joernalistiek en teologie gestudeer. Hy was predikant, die uitvoerende hoof van Bybelkor, en baie jare redakteur van Kerkbode en LIG. Dr Gaum het in die moderature van die Wes-Kaapse Sinode en die Algemene Sinode van die NG Kerk gedien. Hy is die skrywer van etlike boeke. Dr Gaum is afgetree en woon in die Suid-Kaap. Fluit-fluit, die kerk is uit? is uitgegee deur Bybel-Media.

Die beoordelaars van die Andrew Murrayprys was vanjaar mnr Christo van der Rheede, Uitvoerende Hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut, ds Liesel Krause-Wiid, predikant van Pretoria, en mnr Tobie Wiese, oudjoernalis.

Die Andrew Murrayprys word vanjaar vir die 32ste keer toegeken. Die prysgeld beloop R15 000 in kontant, ‘n goue penning en ‘n oorkonde. Die oorhandiging van die prys aan die wenner vind plaas op Donderdag, 10 Mei 2012 op Stellenbosch.

– Prof John de Gruchy se boek, John Calvin – Christian Humanist & Evangelical Reformer, is die wenner van die Andrew Murray-Desmond Tutuprys. Calvyn, die Reformatoriese teoloog, se nalatenskap het ‘n belangrike rol gespeel in die vorming van die moderne Suid-Afrika. De Gruchy stel die Reformatoriese tradisie as ‘n transformerende krag voor – ‘n krag wat slawerny en apartheid teengestaan het, en wat deelgeneem het aan die stryd vir die bevryding en transformering van hierdie land.

Die beoordelaars meen John de Gruchy se monograaf oor Johannes Calvyn is ‘n meesterlike bydrae oor hierdie hoogs kontroversiële figuur van die Reformasie. Op ‘n verrassende manier skilder De Gruchy ‘n geloofwaardige beeld van Calvyn – nie alleen as evangeliese reformeerder nie, maar ook as ‘n Christelike humanis.

John de Gruchy is ‘n emeritus-professor van Christelike Studies aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy oor die 30 jaar lank dosent was. De Gruchy wat doktersgrade in sowel die teologie as sosiale wetenskappe het, is die skrywer van ‘n aantal belangwekkende boeke. John Calvin – Christian Humanist & Evangelical Reformer is uitgegee deur Lux Verbi.

Die beoordelaars van die Andrew Murray-Desmond Tutuprys was vanjaar dr André Bartlett, dosent by die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria, eerw Edwin Arrisson van die Anglikaanse Kerk en dr Gerrit Brand, senior lektor van die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch.

Die Andrew Murray-Desmond Tutuprys word vanjaar vir die sewende (7de) keer aangebied. Die prysgeld beloop R15 000 in kontant, ‘n trofee en ‘n oorkonde. Die oorhandiging van die prys aan die wenner vind plaas op Donderdag, 10 Mei 2012 op Stellenbosch.


Danny Fourie

Sekretaris: Andrew Murray Prysfonds

082 705 4636

021 864 8294

www.andrewmurrayprize.co.za

YouTube: http://www.youtube.com/watch?v=7eMsPLs3UN4

 

 

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Deel Ons Artikel | Share Our Article

  • Add to favorites
  • del.icio.us
  • Digg
  • email
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Google Buzz
  • LinkedIn
  • PDF
  • Print
  • StumbleUpon
  • Twitter

Soortgelyke Artikels | Related Posts

  • Geen Soortgelyke Artikels Gevind Nie | No Related Posts Found

Lewer Kommentaar | Leave a Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>