Goudini-spa was gister ‘n miernes van bedrywighede toe die meer as 800 mense wat betrokke is by die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland aangekom het by hierdie skilderagtige vakansieoord in die Slanghoek-vallei naby Rawsonville in die Wes-Kaap. Die amptelike getal afgevaardigdes is 749 persone.
VERKIESING VAN MODERATUUR
Die verkiesing van die moderatuur (leierskap) van die vergadering was die eerste prioriteit, sodat so gou as moontlik met die agenda begin kan word.
Teen 18:30 was die volgende uitslag bekend:
Voorsitter (moderator): Braam Hanekom (Stellenberg Gemeente, Bellville)
Onder-voorsitter (assessor): Nelis Janse van Rensburg (Welgemoed Gemeente, Bellville)
Aktuarius: Quintus Heine (Parke Gemeente, Kraaifontein)
Ons wens elkeen van hierdie persone baie sterkte toe met die groot taak vorentoe!
Môreoggend kom die bespreking oor Armoede en die Belydenis van Belhar aan die orde, terwyl die res van die moderatuur dan verkies sal word. Soos die res van die week verloop, sal ons julle op die hoogte van sake hou.
Belangrike sake word ook deur middel van VrydagNuus aan gemeentes en ander belangstellendes gekommunikeer. By www.ngkerk.org.za/wesensuidkaap/nuus.asp kan VrydagNuus ook aanlyn gelees word.
Vriendelike groete
Ben du Toit
Sentrum vir Kommunikasie
Privaatsak X8, Bellville, 7535
Tel: 021 957 7195
Faks: 021 957 7197
[email protected]
Deel Ons Artikel | Share Our Article











Soortgelyke Artikels | Related Posts
Lewer Kommentaar | Leave a Comment