’n Nuwe tydskrifredakteur moet hom (in hierdie geval is dit nie “haar” nie) oriënteer met betrekking tot die oorsprong en geskiedenis van die publikasie waarvoor hy medeverantwoordelikheid aanvaar. Ook en veral as hy tot op sekere hoogte ’n nuwe visie vir dié publikasie het, is dit noodsaaklik dat aansluiting by die bydraes en strewes van sy voorgangers gesoek word. ’n Historiese verhaal kan egter op verskillende maniere gekonstrueer en vertel word.
Lees meer …
Oor | About Gerrit Brand
Gerrit is senior lektor in sistematiese teologie aan die Universiteit Stellenbosch, en die skrywer van verskeie vakkundige en populêre artikels asook die monografie Speaking of a Fabulous Ghost – In Search of Theological Criteria, with Special Reference to the Debate on Salvation in African Christian Theology. Sy blog, DinkNet, kan op die aanlyn joernaal LitNet gelees word. Verder skryf hy rubrieke vir die Kerkbode, die Maandblad Zuid-Afrika en Streven. Hy is getroud met Lucia, en hulle het twee seuns, Simon en Arend. Hulle woon in Stellenbosch.
||
Gerrit is senior lecturer in systematic theology at Stellenbosch University, en the author of several academic and popular articles, as well as the monograph Speaking of a Fabulous Ghost – In Search of Theological Criteria, with Special Reference to the Debate on Salvation in African Christian Theology. His blog, DinkNet, can be read on the online journal LitNet. He also writes columns for Kerkbode, Maandblad Zuid-Afrika and Streven. He is married to Lucia, and they have two sons, Simon and Arend. They live in Stellenbosch.