Author Archives: Nico Koopman

avatar

About Nico Koopman

Nico Norman Koopman was born in Niekerkshoop in the Northern Cape. He attended school in Koegasbrug, Lime Acres and Kimberley. His academic qualifications were conferred by the University of the Western Cape. During his doctoral studies he spent two study periods at the Free University in Amsterdam. He served as pastor of the Uniting Reformed Church in Atlantis, as student chaplain at the University of the Western Cape, the former Peninsula Technikon and Bellville College of Education, and as lecturer in Theology and vice-rector of the Huguenot College in Wellington. He was appointed as senior lecturer in Systematic Theology at Stellenbosch University in 2001, where he was promoted to associate professor in 2004 and full professor in 2007. Since 2002 he also serves as Director of the Beyers Naudé Centre for Public Theology. He is currently the Dean of the Theology Faculty at Stellenbosch University.

Vryheidsliedere wat bevry

young_handsVryheidsliedere speel oor eeue heen ‘n onontbeerlike rol in mense se stryd om bevryding van verontmensliking en vir menswaardigheid, bevryding van onreg en vir geregtigheid, bevryding van verdrukking en vir ‘n lewe van vryheid, verantwoordelikheid en diens. Die Joods-Christelike tradisie … Lees meer | Continue reading Continue reading

Gepubliseer in | Posted in freedom, freedom songs, protes, protest, vryheid, vryheidslieder | Comments Off

‘n Blink toekoms saam met Malema en Hofmeyer

1174394_salvationDie Ou en Nuwe Testament se woorde vir geregtigheid het sowel ‘n juridiese as ‘n helende, opofferende en versoenende dimensie. Geregtigheid is daarom ontfermende, versoenende geregtigheid. Die Bybelse begrippe vir versoening het sowel ‘n eenheidsdimensie as ‘n regmakende-, ‘n geregtigheidsdimensie. … Lees meer | Continue reading Continue reading

Tagged , , , | Lewer kommentaar | Leave a comment

Hoop uit die NGK en die St George-Katedraal

Die afgelope weke het ek drie kerklike geleenthede bygewoon wat my hart met hoop vervul het. Op 10 Mei aanvaar die oudste en grootste Sinode van die NG Kerk, d.i. die Wes- en Suid-Kaapse Sinode, die Belhar-belydenis as belydenisskrif. Daar … Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | Tagged , , , , , , , , | 1 Comment

Ons moet steeds stem

Om te stem is ‘n kernelement van inklusiewe demokrasie. Die demokratiese visie behels ‘n lewe van menswaardigheid, vryheid en geregtigheid vir almal, en ‘n lewe waarin die natuurlike omgewing gerespekteer en versorg word. Derhalwe was 27 April 1994 ‘n baie … Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | Tagged , , , , , , | Lewer kommentaar | Leave a comment

Gesonde godsdiens in die openbare lewe

Suid-Afrika is ‘n besondere sekulêre staat. Die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996 maak nie net ruimte vir sekulêre lewensbeskouinge in die openbare domein nie, maar ook vir verskillende godsdienstige singewende raamwerke. Ons sou streng gesproke moes sê Suid-Afrika is ‘n staat wat neutraal is in terme van lewensbeskouing.

Hierdie akkomodering van godsdiens in die grondwet is lofwaardig. Dit gee erkenning daaraan dat by verre die meeste Suid-Afrikaners godsdienstig is. Godsdiens behoort dus plek te hê in die openbare sfeer, onder andere by openbare skole. Ons skolewette maaak dus voorsiening vir godsdiesonderrig sowel as gepaste godsdiensbeoefening by openbare skole. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar | Leave a comment

Die burgerlike samelewing moet opstaan

In Augustus 1983 word die United Democratic Front in Mitchells Plein gestig. Die visie van ‘n nuwe Suid-Afrika word gedreunsing: Ons soek een , onverdeelde, verenigde, nie-rassige, nie-klassistiese, nie-seksistiese, demokratiese Suid-Afrika waar vrede en geregtigheid heers.

Die visie van hierdie sambreelliggaam van instellings van die burgerlike samelewing eggo die visie van die Freedom Charter van 1955. Daar sal vir almal huise wees, en sekuriteit en lewenskwaliteit. En Suid-Afrika behoort aan almal wat in hierdie mooi land woon, ongeag jou kleur of afkoms. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar | Leave a comment

Kersfees bevry van angs

Die Kanadese teoloog , Douglas John Hall, bring Jesus se verlossings- en versoeningswerk in verband met ons verlossing van menslike angs. Hy redeneer naamlik dat die Verlosser van kersfees ons verlos van die drie vorme van angs wat die Amerikaanse teoloog, Paul Tillich, in die twintigste eeu geïdentifiseer het. Die drie vorme van angs is die angs van skuld en verwerping, die angs van eindigheid en dood, en die angs van sinloosheid en doelloosheid.

Christus verlos ons van die angs van skuld en verwerping. Sovele leef met die angs dat ons skuld te groot is om vergeef te word, dat ons oortredinge te grof is, ons dade te lelik. Ons loop met die angs dat ons gestraf en verwerp sal word. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar | Leave a comment

Hibriditeit bied ‘n weg vorentoe

Die idee van hibriditeit, oftewel gebasterdheid, kan, ten spyte van sy geskiedenis van minderwaardigheid en vernedering, ‘n nuttige kategorie wees vir die soeke na vreedsame en regverdige saambestaan in pluralistiese samelewings soos Suid-Afrika.

Hibriditeit was veral op biologiese terrein gebruik om te verwys na die vermenging van plant- en diersoorte. Hierdie begrip dui egter ook op die biologiese en genetiese vermenging van verskillende etniese groeperinge in die sogenaamde mense-ras. Jare gelede het juis ‘n heerlike debat in Suid-Afrika geheers toe die Suid-Afrkiaanse historikus, kollega Hans Heese, aangetoon het dat die idee van ‘n suiwer ras eenvoudig ‘n mite is. Hy het oortuigend aangetoon dat alle rasse of etniese groeperinge verskillende vlakke van hibriditeit toon. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar | Leave a comment

Heilige oomblikke van hoop

Verlede week vereer die rektor van die Universiteit Stellenbosch verskeie toppresteerders in studentegeledere. Dis heerlik om te sien hoe ons studente vereer word vir sake soos akademiese uitnemendheid en vir uitnemende leierskap. Die aand word afgeluit met die verering van studente in ‘n heel besondere kategorie van uitnemendheid. Hulle is mense wat uitstyg te midde van moeilike omstandighede, hulle presteer “against all odds”.

Toe die rektor hulle een vir een na vore roep en hul verhale op openhartige en sensitiewe wyse vertel, kon vele van ons ons trane nie keer nie. Ons het besef dis heilige oomblikke hierdie. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar | Leave a comment

Middelmatigheid maak van ons drome nagmerries

Talle mense is al hoe meer besorgd dat ‘n kultuur van middelmatigheid oor ons land spoel en dat dit ons mooi drome vir ons land in nagmerries laat verander.

Ons kollektiewe droom vir Suid-Afrika is vervat in die Handves van Menseregte van die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996. Suid-Afrikaners van verskillende politieke oriënterings, en van ‘n verskeidenheid van godsdienstige en sekulêre tradisies deel die visie van ‘n samelewing van menswaardigheid. Die boustene van menswaardigheid is onder meer gelykwaardigheid en vryheid, geregtigheid en aequitas. Laasgenoemde bousteen verwys na die regstelling van klowe tussen ryk en arm en die bou van ‘n samelewing met hoër vlakke van ekwilibrium. Continue reading

Gepubliseer in | Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar | Leave a comment