Soek | Search
Besig om te Laai | LoadingTeken in per E-pos |Subscribe via Email
Teken in via RSS | Subscribe via RSS
Click here to subscribe to the Sol Iustitiae FeedVertaal | Translate
-
Populêre Inskrywings | Popular Posts
- GERRIT BRAND: ‘N HULDEBLYK 0 comment(s)
- Wat is die oorsprong van die leuse “Sol Iustitiae Illustra Nos”? | What is the origin of the motto “Sol Iustitiae Illustra Nos”? 0 comment(s)
- Nou is daar ook wegneem-teologie 0 comment(s)
- Wie is nie siek van al die geweld nie? 0 comment(s)
- Skakels | Links 0 comment(s)
Author Archives: Nico Koopman
Vryheidsliedere wat bevry
Vryheidsliedere speel oor eeue heen ‘n onontbeerlike rol in mense se stryd om bevryding van verontmensliking en vir menswaardigheid, bevryding van onreg en vir geregtigheid, bevryding van verdrukking en vir ‘n lewe van vryheid, verantwoordelikheid en diens. Die Joods-Christelike tradisie … Lees meer | Continue reading → Continue reading
Gepubliseer in | Posted in freedom, freedom songs, protes, protest, vryheid, vryheidslieder
Comments Off
‘n Blink toekoms saam met Malema en Hofmeyer
Die Ou en Nuwe Testament se woorde vir geregtigheid het sowel ‘n juridiese as ‘n helende, opofferende en versoenende dimensie. Geregtigheid is daarom ontfermende, versoenende geregtigheid. Die Bybelse begrippe vir versoening het sowel ‘n eenheidsdimensie as ‘n regmakende-, ‘n geregtigheidsdimensie. … Lees meer | Continue reading → Continue reading
Ons moet steeds stem
Om te stem is ‘n kernelement van inklusiewe demokrasie. Die demokratiese visie behels ‘n lewe van menswaardigheid, vryheid en geregtigheid vir almal, en ‘n lewe waarin die natuurlike omgewing gerespekteer en versorg word. Derhalwe was 27 April 1994 ‘n baie … Continue reading
Gepubliseer in | Posted in Uncategorized
Tagged 18 Mei, 27 April 1994, demokrasie, Godsdiens Aktueel, Grondwet, munisipale verkiesing, stem
Lewer kommentaar | Leave a comment
Gesonde godsdiens in die openbare lewe
Suid-Afrika is ‘n besondere sekulêre staat. Die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996 maak nie net ruimte vir sekulêre lewensbeskouinge in die openbare domein nie, maar ook vir verskillende godsdienstige singewende raamwerke. Ons sou streng gesproke moes sê Suid-Afrika is ‘n staat wat neutraal is in terme van lewensbeskouing.
Hierdie akkomodering van godsdiens in die grondwet is lofwaardig. Dit gee erkenning daaraan dat by verre die meeste Suid-Afrikaners godsdienstig is. Godsdiens behoort dus plek te hê in die openbare sfeer, onder andere by openbare skole. Ons skolewette maaak dus voorsiening vir godsdiesonderrig sowel as gepaste godsdiensbeoefening by openbare skole. Continue reading
Gepubliseer in | Posted in Uncategorized
Lewer kommentaar | Leave a comment
Die burgerlike samelewing moet opstaan
In Augustus 1983 word die United Democratic Front in Mitchells Plein gestig. Die visie van ‘n nuwe Suid-Afrika word gedreunsing: Ons soek een , onverdeelde, verenigde, nie-rassige, nie-klassistiese, nie-seksistiese, demokratiese Suid-Afrika waar vrede en geregtigheid heers.
Die visie van hierdie sambreelliggaam van instellings van die burgerlike samelewing eggo die visie van die Freedom Charter van 1955. Daar sal vir almal huise wees, en sekuriteit en lewenskwaliteit. En Suid-Afrika behoort aan almal wat in hierdie mooi land woon, ongeag jou kleur of afkoms. Continue reading
Gepubliseer in | Posted in Uncategorized
Lewer kommentaar | Leave a comment
Kersfees bevry van angs
Die Kanadese teoloog , Douglas John Hall, bring Jesus se verlossings- en versoeningswerk in verband met ons verlossing van menslike angs. Hy redeneer naamlik dat die Verlosser van kersfees ons verlos van die drie vorme van angs wat die Amerikaanse teoloog, Paul Tillich, in die twintigste eeu geïdentifiseer het. Die drie vorme van angs is die angs van skuld en verwerping, die angs van eindigheid en dood, en die angs van sinloosheid en doelloosheid.
Christus verlos ons van die angs van skuld en verwerping. Sovele leef met die angs dat ons skuld te groot is om vergeef te word, dat ons oortredinge te grof is, ons dade te lelik. Ons loop met die angs dat ons gestraf en verwerp sal word. Continue reading
Gepubliseer in | Posted in Uncategorized
Lewer kommentaar | Leave a comment
Hibriditeit bied ‘n weg vorentoe
Die idee van hibriditeit, oftewel gebasterdheid, kan, ten spyte van sy geskiedenis van minderwaardigheid en vernedering, ‘n nuttige kategorie wees vir die soeke na vreedsame en regverdige saambestaan in pluralistiese samelewings soos Suid-Afrika.
Hibriditeit was veral op biologiese terrein gebruik om te verwys na die vermenging van plant- en diersoorte. Hierdie begrip dui egter ook op die biologiese en genetiese vermenging van verskillende etniese groeperinge in die sogenaamde mense-ras. Jare gelede het juis ‘n heerlike debat in Suid-Afrika geheers toe die Suid-Afrkiaanse historikus, kollega Hans Heese, aangetoon het dat die idee van ‘n suiwer ras eenvoudig ‘n mite is. Hy het oortuigend aangetoon dat alle rasse of etniese groeperinge verskillende vlakke van hibriditeit toon. Continue reading
Gepubliseer in | Posted in Uncategorized
Lewer kommentaar | Leave a comment
Heilige oomblikke van hoop
Verlede week vereer die rektor van die Universiteit Stellenbosch verskeie toppresteerders in studentegeledere. Dis heerlik om te sien hoe ons studente vereer word vir sake soos akademiese uitnemendheid en vir uitnemende leierskap. Die aand word afgeluit met die verering van studente in ‘n heel besondere kategorie van uitnemendheid. Hulle is mense wat uitstyg te midde van moeilike omstandighede, hulle presteer “against all odds”.
Toe die rektor hulle een vir een na vore roep en hul verhale op openhartige en sensitiewe wyse vertel, kon vele van ons ons trane nie keer nie. Ons het besef dis heilige oomblikke hierdie. Continue reading
Gepubliseer in | Posted in Uncategorized
Lewer kommentaar | Leave a comment
Middelmatigheid maak van ons drome nagmerries
Talle mense is al hoe meer besorgd dat ‘n kultuur van middelmatigheid oor ons land spoel en dat dit ons mooi drome vir ons land in nagmerries laat verander.
Ons kollektiewe droom vir Suid-Afrika is vervat in die Handves van Menseregte van die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996. Suid-Afrikaners van verskillende politieke oriënterings, en van ‘n verskeidenheid van godsdienstige en sekulêre tradisies deel die visie van ‘n samelewing van menswaardigheid. Die boustene van menswaardigheid is onder meer gelykwaardigheid en vryheid, geregtigheid en aequitas. Laasgenoemde bousteen verwys na die regstelling van klowe tussen ryk en arm en die bou van ‘n samelewing met hoër vlakke van ekwilibrium. Continue reading
Gepubliseer in | Posted in Uncategorized
Lewer kommentaar | Leave a comment