Van nagelaat tot nagelaat?

Is consumerism dalk die ideologie van ons dag? Só begin Ernst Conradie sy Uitverkoop? – sy vraende besinning oor ons tydsgees; ons omgang met ons wêreld, dié wêreld, dié skepping; met die erfenis wat ons ontvang het en vir hulle ná ons nalaat.

Maar wat beteken ideologie? Hoe sou dit wees as dit wél waar was? Die vraag is óf kompleks óf maklik te beantwoord. Geleerdes sê ideologie is idees wat ons inspan as wapens, om onssélf te bevoordeel en ánder te benadeel. Hoe? Op drie maniere – deur legitimasie, mistifikasie en reïfikasie, lui die ingewikkelde antwoord. Dog dit kan ook eenvoudiger.

Legitimasie beteken dat ons sake só voorstel dat ons ander laat glo dat dit wat óns heimlik wil hê rég is, góéd is, eintlik is wat húlle ook verlang. Ons beroep ons op húl eie waardes, oortuigings, belange – en regverdig so wat óns wil hê. Mistifikasie beteken dat ons sake ánders voorstel as wat dit regtig is, mislei, inligting weerhou, data manipuleer om valse indrukke te skep.

Klik hier om die res van die storie te lees…

- Die Burger

avatar

Oor | About Dirkie Smit

D. J. (Dirkie) Smit doseer sedert 2000 Christelike dogmatiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Voorheen was hy predikant en daarna vir bykans twintig jaar dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy was en bly steeds op verskeie maniere kerklik betrokke, ook in ekumeniese verband. Hy word dikwels genooi vir openbare optredes en skryf gereeld, sowel akademiese as populêre werk. Vyf en dertig doktorale studente het by hom gepromoveer en van sy nagraadse studente sou ongeveer dertig reeds self dosente word in talle lande, insluitende Namibië, Malawi, Zambië, Kenia, Ghana, Nigerië, Nederland, Korea en die VSA, in verskeie akademiese dissiplines. Hy is lid van nasionale en internasionale liggame, waar onder Navorsingsgenoot van die Humboldt Stigting, Navorsingsgenoot van die Center of Theological Inquiry in Princeton en Navorsingsgenoot van die Wissenschaftskolleg in Berlyn, inisieer ‘n navorsingsprojek aan STIAS, was assessor van evalueringspanele van die NNS, beoordelaar van die Templeton Prize for Theological Promise en tans die Manfred Lautenschlaeger Award for Theological Promise en dien op adviesrade en redaksies. Hy werk saam aan verskeie internasionale en inter-dissiplinêre navorsingsprojekte en konferensies en doseer tydens twee semesters as volle besoekende professor in sosiale etiek (Marburg 1992-1993; Heidelberg 2010-2011). Hy ontvang meerdere toekennings en pryse, asook twee huldigingsbundels van studente en kollegas (op 55 en 60 jaar). In 2008 ontvang hy die D.Phil (h.c) van Umea, Swed
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Deel Ons Artikel | Share Our Article

  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Add to favorites
  • LinkedIn
  • MySpace
  • NewsVine
  • PDF
  • Reddit
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • Twitter

Soortgelyke Artikels | Related Posts

  • Geen Soortgelyke Artikels Gevind Nie | No Related Posts Found

Lewer Kommentaar | Leave a Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>