Wat is die oorsprong van die leuse “Sol Iustitiae Illustra Nos”?
Menige besoeker aan die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Stellenbosch gaan by die hoofingang in sonder om bewus te wees van die leuse wat op die gewel in die middel geskryf is nie. ‘n Paar oplettendes mag bewus van die leuse “sol iustitiae illustra nos” wees sonder om te weet hoe hierdie Latynse spreuk deel geword het van ‘n gebou wat in 1905 opgerig is.
Hollandse Herkoms
Dieselfde leuse is vroeër deur die Universiteit van Utrecht in Nederland in 1636 aanvaar. Die Latynse leuse was afgelei van ‘n letterlike vertaling van Maleagi 4:2 en kom neer op “son van geregtigheid verlig ons”.
Maar hoe het die leuse sy pad van ‘n universiteit in Nederland na ‘n gewel in Stellenbosch gevind? Talle teologiese studente van Suid-Afrika het gedurende die agtiende en negentiende eeu aan die Universiteit van Utrecht gestudeer en toe die Teologiese Seminarie in 1859 gestig is, het die Kuratorium voorgestel dat die nuwe instelling dieselfde leuse aanvaar.
Soortgelyke Leuses
Die Fakulteit Teologie is nie die enigste instelling wat die leuse van due Universiteit van Utrecht as hulle eie aanvaar het nie – soms wel met kleiner veranderings:
- Tydens die stigting van die Rutgers University in New Jersey (VSA) is daar in 1766 op ’n leuse besluit wat met die Universiteit van Utrecht ooreenstem: “sol iustitiae et occidentem illustra”. Die aangepasde leuse kan vertaal word met: “son van geregtigheid skyn ook op die weste”. (Dalk moes Stellenbosch ’n leuse oorweeg het om die suide ook ’n plekkie in die son te gee, om nie van “verlig” te praat nie!?).
-
Nader tuis het die bekende en geliefde Strooidakkerk in die Paarl besluit om die leuse in die westelike gewel van hulle kerkgebou te noem wat in 1805 gebou is.
- Dieselfde leuse is ook in 1858 deur die Paarl Gimnasium aanvaar op aanbeveling van die gemeentepredikant GWA van der Lingen (’n alumnus van die Universiteit van Utrecht). Op ‘n soortgelyke trant het die Paarl Gimnasium besluit om hulle skoolkoerant dood gewoon “Sollie” te noem!
Enkele Opmerkings oor Maleagi 4:2
Sonder om die leser aan ’n ongevraagde preek te onderwerp, sal bondige opmerkings oor Maleagi 4:2 gemaak word met besondere aandag vir die constructus – verbinding shemesh tsedaka wat slegs eenmaal in die Ou Testament gebruik word:
- As ’n attributiewe genitief kan die frase as ’n byvoeglike naamwoord vertaal word – “’n regverdige son” (Calvyn het die moontlikheid gekies).
- Die meeste kommentare vertaal egter die frase as ’n epeksegetiese genitief en derhalwe kan die genitief vertaal word as ’n nadere verduideliking van die selfstandige naamwoord – “’n son van geregtigheid”.
-
Hierdie uitdrukking vorm deel van die sesde orakel in die boek Maleagi waarin die verhouding tussen God en sy volk bespreek en verduidelik word.
- Die frase word ook in verband gebring met die verwagting in Maleagi dat die “Dag van die Here” ’n dag van oordeel is wat binnekort sou plaasvind en waartydens die geregtigheid van die Here bekend sou word.
- Die gebruiklike laat datering van Maleagi maak dit waarskynlik dat die orakel binne die konteks van die Persiese Ryk verstaan moet word toe die Zaroastriese god Ahuramazda as die god van geregtigheid aanbid was. Daarom word die verwagting dat Jahwe as die “son van geregtigheid” sal verskyn ’n polemiese alternatief vir Ahuramazda (wat dikwels as ’n gevleuelde son in Persiese ikonografie voorgestel word). Moderne toepassings van die die Latynse spreuk moet egter waak teen die oorvereenvoudigde interpretasie van Ahuramazda as nuwerwetse Japanese sportmotor!
What is the origin of the motto “Sol Iustitiae Illustra Nos”?
Many a visitor enters the building of the Faculty of Theology of the University of Stellenbosch without taking any notice of the motto written on the gable in the centre. The few who do notice the motto “sol iustitiae illustra nos” might not be aware of how it became part of the building erected in 1905.
Dutch Ancestry
The very same motto was accepted by the University of Utrecht in the Netherlands, way back in 1636. This Latin motto was gleaned from a literal Latin translation of Malachi 4:2 and can be rendered as: “Son of righteousness shine upon us”.
But how did the motto get from the Netherlands on to a gable in Stellenbosch? Many theological students from South Africa studied during the eighteenth and nineteenth century at the University of Utrecht and when the Theological Seminary started in 1859, the Curatorium proposed that the fledgling institution choose the same motto.
Similar Motto’s
The Faculty of Theology at Stellenbosch is not the only institution that emulated the University of Utrecht with regards to their motto:
- In 1766 when Rutgers University in New Jersey (USA) was founded, it decided on a motto similar to Utrecht University: “sol iustitiae et occidentem illustra”. This adapted motto can be translated as “sun of righteousness shine upon the west also”. (Perhaps Stellenbosch can consider contextualizing the motto by referring the need of the south to be illuminated!?)
- Closer to home the old and well known Strooidakkerk in Paarl decided to mention this motto in the western gable of the church that was erected in 1805.
- The same motto was accepted in 1858 by the Paarl Gimnasium when the local DRC minister GWA van der Lingen (an alumnus of Utrecht University) suggested it. In a similar vein one can note that the school newspaper of Paarl Gimnasium is appropriately known as “Sollie”!
Brief Notes on Malachi 4:2
Without indulging in a lengthy sermon, the following brief notes can be made of Malachi 4:2 – with special emphasis on the translation of the construct – genitive phrase shemesh tsedaqa that is used only once in the whole Hebrew Bible:
- As an attributive genitive the phrase can be rendered as an adjective = “a righteous or just sun” (Calvin choose this option!).
- Most commentators prefer to translate the phrase as an epexigetical genitive that translates the genitive as an explanation of the noun = “a sun of righteousness”.
- This phrase forms part of the sixth oracle in the book of Malachi in which the relationship between God and his people is discussed and explained.
- The phrase must be closely related to Malachi’s expectation that the Day of the Lord as a day of judgment will soon take place during which the justice of the Lord will manifest itself.
- The late dating of Malachi makes it probable that one should interpret this oracle in the context of the Persian Empire during which the Zaroastrian god Ahuramazda was venerated as the god of justice. Therefore expecting Yahweh as the “sun of righteousness” was a polemical alternative to Ahuramazda (who was represented by a winged sun disk in Persian iconography).
Deel Ons Artikel | Share Our Article













Soortgelyke Artikels | Related Posts
1 Kommentaar vir | One Response to Wat is die oorsprong van die leuse “Sol Iustitiae Illustra Nos”? | What is the origin of the motto “Sol Iustitiae Illustra Nos”?
Lewer Kommentaar | Leave a Comment
Hierdie is opbouende kritiek. Sekerlik is dit nodig dat alle inhoud op hierdie blog dan toeganklik is? Ek is ‘n nagraadse student by die Teologie Fakultiet op Stellenbosch, maar tog kon ek ‘n hele paar inskrywings moeilik verstaan. Moet daar standaarde gestel word aangaande die taalgebruik en toeganklikheid van die inskrywings?
Basies, wil ek vra of sommige inskrywings te “Professor in Teologie”-agtig is?